| A | B |
| baantjies vir boeties | werk vir vriende en familie gee |
| blaffende honde byt nie | mense wat dreig |
| buig die boompie terwyl hy nog jonk is | vorm die kind se karakter vroegtydig |
| daar sal geen haan na kraai nie | niemand sal daaroor navraag doen nie |
| die aftog blaas | ophou om iets te doen of weghardloop |
| die appel val nie ver van die boom nie | jy is soos jou pa of ma |
| die bordjies is verhang | die situasie het verander |
| die bul by die horings pak. | iets moeiliks dadelik aanpak |
| die een hand was die ander | help mense wat jou gehelp het |
| die familie se swartskaap | moeilikheidmaker |
| die groen baadjie aantrek | jaloers wees |
| die groen lig | permissie om voort te gaan |
| die kool is die sous nie werd nie | dis nie die moeite werd nie |
| die laaste strooi breek die kameel se rug | ietsie kleins kan jou finaal laat knak |
| die swart mark | onwettige verkoop van goedere of ruil van geld |
| dis mosterd na die maal | dit is te laat |
| dis neusie verby | die kans is verlore |
| dis ses van die een | 'n halfdosyn van die ander |
| dit span die kroon | dit oortref alles |
| elke donker wolk het 'n silwer randjie | elke moeilike situasie het ook 'n ligpunt |
| elke haan is koning op sy eie mishoop | elkeen voel baas oor sy eie goed |
| elke huis het sy kruis | elke gesin het sy probleme |
| geraamtes in die kas | iets word weggesteek |
| gooi olie op die vuur | maak 'n slegte situasie erger |
| gou by die bak | maar lui by die vak |
| goue handdruk | wanneer iemand 'n groot bedrag geld kry as hy die maatskappy verlaat |
| groen vingers | goed met tuinmaak |
| het aan die verkeerde kant van die bed opgestaan | in 'n slegte bui wees |
| hoe meer haas | hoe minder spoed |
| hul draai die kind in watte toe | hul oorbeskerm die kind |
| hy sien rooi | hy is kwaad |
| in die pekel wees | in die moeilikheid wees |
| in dieselfde bootjie | het dieselfde probleme |
| ja en amen sê op alles | met alles saamstem. |
| jou eie keel afsny | jouself benadeel |
| jou ore uitleen | na skinderstories luister |
| laat die kat uit die sak / aap uit die mou | gee die geheim weg. |
| ledigheid is die duiwel se oorkussing | as jy niks het om te doen nie |
| lekker is maar 'n vinger lank | lekker dinge is van korte duur |
| met Jan Tuisbly se karretjie ry | tuis bly |
| met 'n silwer lepel in die mond gebore | kom uit 'n ryk familie |
| moenie al jou eiers in een mandjie sit nie | as die mandjie val |
| moenie 'n gegewe perd in die bek kyk nie | wees dankbaar oor geskenke |
| moenie slapende honde wakker maak nie | vergeet liewers hiervan en bewaar die vrede |
| mooi broodjies bak | stories vertel om iemand se guns te wen |
| 'n druppel in die emmer | 'n klein bietjie in vergelyking met die geheel |
| 'n goeie begrip het 'n halwe woord nodig | 'n slim mens verstaan gou |
| 'n kat in die sak koop | swak kopie maak |
| 'n lansie breek vir iemand | iemand ondersteun |
| 'n skoot in die donker | iets toevallig reg geraai |
| 'n vlieg in die salf | iets of iemand wat moeilikheid veroorsaak |
| 'n wolf in skaapsklere | voorgee dat jy anders is as wat jy is / onbetroubaar |
| na iemand se pype dans | doen wat iemand anders wil hê jy moet |
| noustrop trek | swaar kry |
| olie op die vuur gooi | iets erger maak |
| oogappel | jou pa of ma se gunsteling |
| oop kaarte speel | eerlik wees |
| oor die kole haal | uitskel |
| oor my dooie liggaam | ek sal dit nooit toelaat nie! |
| op jou louere rus | tevrede wees om nie beter te doen nie |
| op swart en wit | op papier |
| rol die rooi tapyt uit | doen baie moeite vir 'n belangrike persoon |
| Rome is nie binne 'n dag gebou nie | dit neem lank om iets groots te bereik. |
| slaan 'n nuwe blaadjie om | verander jou lewe |
| soos water op 'n eend se rug | dit pla jou nie |
| swart goud | olie |
| tussen twee vure sit | besluiteloos wees |
| uit die bloute | onwerwags |
| van die hand na die tand lewe | min geld hê |
| wat die oog nie sien nie | maak die hart nie seer nie |